SA Design .co.za

  

GEBORE IN 'N STORM
('n bietjie van 'n liedjie)


rens op 'n veraf verlate plaas
staan 'n boer se lewenswerk verslaan
sy lammers is dood en die wind het gaan l
sy vrou is 'n bitch en sy wil die kinners h
'n 'Diepe' liefde is aanstons van die baan

Iewers 'n tuinier met vingers nerf-af
van danklose werk, sonder om te kla
Die dag se werk is nooit gedaan
en die son bak hard vir daai vyftig rand
wat hy klokslag stuur na die platteland

So is die lewe, meneer
Jy's bo en onder ewe veel
So vat jou knapsak en loop die langpad
Miskien sal jy eendag kry wat jou hart begeer

Want stilte was die norm
toe's jy gebore in 'n storm
Gewone mense is mos 'common'
Met donderweer wat in jou vorm
(Jy's gebore in 'n storm)

Erens loaf 'n konstabel
sy werk is kak en sleg betaald
Ongeliefd en onbeskaamd
dis hoekom hy bribe, dis hoekom hy nou gaan
gevang met sy vingers in die 'cookie jar'

'n Dame voor 'n spieel - sien die rimpels
Van haar eers mooie gesig bly net wimpers
Haar man verneuk haar - sy weet dit goed
Sy het nie die krag of die stille moed
nou drink sy haarself maar besimpeld

So is die lewe, mevrou
Jy's geklop, maar net vir nou
So vat jou knapsak en loop die langpad
Miskien sal jy eendag kry wat jou hart van hou

Want stilte was die norm
toe's jy gebore in 'n storm
Gewone mense is mos 'common'
Met donderweer wat in jou vorm
(Jy's gebore in 'n storm)

Iewers is daar 'n skrywer
wat skryf met grote ywer
Maar niemand wil luister na sy binneste se fluister
sonder slegte kritiek en verwyte
Sy enigste publiek - die creator

So is die lewe, my ou
Jy's geklop, maar net vir nou
So vat jou knapsak en loop die langpad
Miskien sal jy eendag kry wat jou hart van hou

Want stilte was die norm
toe's jy gebore in 'n storm
Gewone mense is mos 'common'
Met donderweer wat in jou vorm
(Jy's gebore in 'n storm)
 

Etienne A.  Marais   3 Oktober 2005