SA Design .co.za

  

DIE EINDE

Die oggendson het pas sy kop uitgesteek
As die mense begin krioel en raas
Net om n dag se arbeid te voltooi
Om verder te kan eet en voortplant

Dis die einde
Dis die einde van jou
Dis die einde van my

Die lug is dik van doelgerigtheid
Orals om my
Maar ek loop planloos deur die massas
Ek is doelloos, rigtingloos, alleen

n Alleenstaande boom stort herfsblare
en een land liggies op my
Ek staar na die verbrokkelende prag
En sien myself daarin

Bevreiding kom soos n messteek
Die naelstring van die lewe pynlik losgeknip
Ek loop huiwerig aan
Terwyl herfsblare onder my voete kraak

Dis die einde
Dis die einde van ons
Dis die einde van my
 

Etienne A.  Marais   30 November 2005