SA Design .co.za

  

BLOUKAAS EN CHILLI PRETZELS

Bloukaas en rissiewyn,
chilli pretzels met baie pyn.
Soos die tred van stewels
trap deur my soele lewe,
masseer ek die verweerde lint
wat my onherroeplik aan jou bind.
Ek noem die ongenaamd
en soen die stille aand.

Hou maar terug die kaviaar:
die versnappering van die oseaan,
want my heenkoms is 'n lem;
'n stormende, verlate stem;
'n kreet sosiaal verban;
'n roep wat nie verstaan;
'n boot wat dryf soos hy sink;
'n lewe wat kwyn soos glasies klink.

Bloukaas en chilli pretzels op die tafel.
Ek proe, soos die siel ontrafel,
en my hart gaan staan, vir 'n oomblik.
Die smaak herlei, soos ek verstik
aan die verlede en wat kon wees;
die toekoms wat ek nooit kon lees.
Jy draai my binneste, o soete swaard
Ek sal omdraai eendag, dan's dit klaar.

Ek sal proe aan die bloukaas, die pretzel,
en die smakies geniet wat dit vergesel.
Die bitterheid sal kwyn, wie weet?
Dis al ges: jy is wat jy eet.

Etienne A.  Marais   1 Augustus 2005